'n Oorweldigende angstigheid druk asem vas in longe wat wil swel, en mens wonder of jy dit gaan maak. Die 10 000 dinge wat nog moet gebeur voor jy aan die ander kant uitkom. Gaan jy dit maak? Gaan die laat aande, vroeë oggende, kussing trane en krakerige rooi oë goed genoeg wees.
Gaan ek kans kry om my pen in die papier te sit, en mense 'n sitplek te kan gee in my kop? Gaan ek die rooi pen kan wys my kreatiwiteit is die moeite werd? Die rooi pen wat my soms oorweldig, wond, omhels en gelukwens. Die rooi pen wat ek nie kan verstaan nie. Die rooi pen wat my nie altyd wil verstaan nie. Hulle skryf meeste van die tyd groot lelike dokters handskrif briewe wat my nou nie juis motiveer nie.
Studente moet die rooi pen beïndruk vir 'n punt wat nie gaan saak maak by 'n kantoor met vetgedrukte letters wat jou toekoms kan bepaal nie. Die kantoor wil net "SLAAG" sien. Mens sukkel partykeer om gemotiveerd te bly om die rooi pen gelukkig te hou, maar die vang plek bly dat die rooi pen nou die alpha is. Die ink gaan een of ander tyd MÒET opraak.
Ek is 'n slagoffer van 'n chroniese siekte...
"Octoberitice" noem tannie Fia dit. Silly season is ook aanvaarbaar, of vir die wat minder oorspronklik is, die-jaar-is-nou-te-effing-lank virus. As ek slim genoeg was het ek Octoberitice beskou as 'n geldige verskoning om vreemd te wees. Almal ken dit. Jy voel desperaat vir onwettige middels, of jy is net lus vir baie drank en slaap vir dae. Maar jy kan nie, want oktober is die moeilikste maand. Vir 'n student. Ek moet nog self die lewe na universiteit ervaar. Maar ons studente stres oor eksamens, die konstante kwessie van "gaan ek 'n werk kry?", en op hede, wat om te dra vir halloween. Halloween is eintlik baie toepaslik op octoberitice. Dis vreesaanjaend en vreemd en elke nou en dan sal dit lekker wees as jou stres net soos 'n riller-fliek afgesit kan word. Of oorgesit kan word na cartoons toe.
Maar, daar is tog 'n lig aan die einde van die oktonnel (oktober+tonnel) Oktober is slegs een maand uit twaalf. 'n Maand wat so vinnig verby gaan soos hy begin het. Hou kop en hou moed en hou net jou verbeelding bymekaar vir halloween. Daar gaan sletterige.. alles wees, scary narre, ironiese couples uitrustings en mense wat lyk of hulle in costume castle bly saam met grimeerkunstenaars.
Persoonlik glo ek halloween is die perfekte medisyne vir Octoberitice. So, as jy halloween geniet en nie glo dis lucifer se verjaarsdag of iets nie, gaan groot, trek mooi aan, en wees vir eens iets anders. Dis een aand. X
No comments:
Post a Comment