Ek kan net een ding op 'n slag onder beheer hou. Die eerste saak wat ek onder beheer kon kry was die kruideniersware. Het ek aan my medikasie voorraad gedink. Vanoggend, toe ek sien daar is net 2 dae se pille oor, ja...
Dit is nie doodsake (vir my) as ek nie die pille drink nie. Die welstand van my gesin maak op my voorskrif staat want ek is ten volle bewus van my chemiese wanbalans.
So vandag pak ek 'n apteek-avontuur aan! Anders as al die voriges. Ek hou duidelik daarvan om dinge interessant te hou. Ek stap apteek toe en wag in die ry vir die vroutjie met haar vraelys. Voor ek nee kon antwoord vir al die Corona-vrae, tref die deur my van agter af dat ek vorentoe steier en amper die sosiale distansiëring reël oortree!
'n Man kyk in my rigting asof dit my skuld is dat die deur my getref het, drol. Ek antwoord die vrae, my temperatuur word geneem (38, vir die wat wou weet) en ek sanitize.
Ek sê die rympie op van al die pille wat ek nodig het en ek betaal gelukkig vir die laaste keer kontant vir die pak apteek. Die Spar is redelik besig en soos wat ek stap sien ek hoekom. Die eiers en die bakrakke lyk verlate.
Die easymix alles is op. Almal bak. Wat is dit met lockdown wat mense lus maak om te bak? Is dit omdat julle nou lank genoeg by die huis is wat julle wil kyk of die oond meer as visvingers kan gaarmaak?
Julle maak 'n fout. Lockdown gaan nie vir ewig hou nie. Netnou is die bakgoed so lekker dat jou familie dit van jou verwag. Bedink die saak voor jy bak! Ek was by die Spar om eiers te koop, maar ek het nie gegaan vir easymix nie...
Ons het klaar 'n pak in die kas. As dit sleg is, sal dit dalk 'n komieklike storie afgee. As dit lekker is sal ek net nee sê as iemand weer daarvoor vra. Al wat hulle van my moet verwag is dat ek my medikasie betyds sal drink.