Jaar: 3
Dag: whatever
Tyd: maak dit saak?
Ek het weer een van daai plekke in my lewe bereik waar onsekerheid die leiding nee. Ek het hierdie konstante vrees dat ek gaan opeindig om 'n beroep te beoefen waarin ek sielsongelukkig gaan wees, en ek gaan nie genoeg geld maak nie, en ek gaan net wegraak en die agtergrondmusiek word.
Ek het 12 jaar deur skool gelag, gehuil en gestres, net om na skool 'n verdere 3 jaar te stres. Sodat ek aansoek kan doen - waaroor ek stres - vir nog 'n jaar se stres. Dit maak sin.
Om sake te vererger ly ek aan 'n ernstige minderwaardigheids kompleks teenoor my mede studente... Nie almal nie (sommige mense is 'n sandkorrel, ander is 'n sandstorm) Hoe gaan ek dit ooit maak as 'n skrywer of 'n joernalis of 'n overrated facebook post tussen mense wat soveel slimmer is as ek? Ek meen, hoekom wil 'n mens nou aspris stres?
Ek het na 'n gesprek of 3 besef dat ek nie alleen is nie. Ek bestudeer die mense op kampus... Hulle is so opgestres oor hulle eie sake dat mense nie eintlik oplet dat ander mense net so sukkel nie.
Ons grap nog so dat daar nie tyd is vir 'n senuwee-ineenstorting nie, maar nou dat ek daaraan dink... Daar is nie. My meltdowns vat te lank om uit te werk sonder pille om al die varkies bymekaar te hou. Kan ek dit bekostig om tyd te verloor en my gevoelens te ervaar? Nee! Eendag wanneer ek werk (as ek 'n werk kry) sal ek deur my issues moet werk op my eie tyd. alhoewel 'n skrywer se issues meng met die ink waarmee hulle skryf.
Maar ek sien mense op kampus het verander. Die gesigte wat ek onthou word droewig bedek deur 'n permanente frons soos wat mense wonder wat hulle volgende gaan doen. Die positiewe mense van 1ste jaar kyk nie eers meer vir karre wanneer hulle oor die pad loop nie, "ek weet nie hoe ek my studies gaan betaal nie, ek weet nie hoe ek my studies gaan deurkom nie, wie's bang vir die dood?"
Dit laat my dink aan die stuk van the revenant waar di caprio water drink en dit loop by sy nek uit. Jy weet sake het suid gegaan maar jy probeer nog.
Ek bekommer my oor hierdie lewe kry ding. Wat as niemand wil weet wat ek te sĂȘ het nie? Ek sal seker nogsteeds so baie praat. Ek het skaamteloos geen beheer nie. Maar ek wil nie daai een wees wat opeindig in 'n werk waarvoor ek nie geswot het nie. Ek wil opgewonde wees oor aan gaan, nie vreesbevange terugstaan nie.
Ek gaan nou nie mense genees of geboue ontwerp of geldsake hanteer nie. Maar my idee van werk is ook belangrik. Iemand moet julle handboeke skryf.
No comments:
Post a Comment