My slice of life

My slice of life
Opinionated since 1995

Wednesday, 3 August 2016

Stemdag

.

So staan Pierre van Ryneveld op 'n koue Augustus middag in die ry om te stem. Stem vir verandering. Stem vir geen korrupsie. Of so iets. Die son tref my op al die verkeerde tye. Maar staan sal ons staan. Spookasemkapsels skuifel vorentoe en rolstoelrakkers rol verby. Party skepseltjies lyk nie of hulle eers die uitslae van die verkiesing gaan sien nie. Maar stem sal hulle stem.

Ma's met klein kindertjies trek ook voordeel. Alhoewel 'n paar maar oud lyk vir 'n stroler. Maar dis net my opinie. En sommige van die kastige pensionarisse sien ek dan gereeld verby my huis draf.

Hierdie IEC mense het ons natuurlik geflous. Jy dink jy is amper voor in die ry... Nee nee, daar is nog 'n ry binne! Die loopraam lyers is chopchop boks toe en kar toe. En die res van ons wat moet dankbaar wees dat ons kan loop en bad en eet sonder hulp staan maar.

Die mense agter my probeer onderhandel met 'n vrou of hulle haar pram kan leen uit desperaatheid uit. Dan is daar die stofwolk ouderlinge wat AANDRING dat hulle sal staan. Hulle is nie seker of hulle dit gaan maak tot by die boks nie maar hulle sal staan. Jy weet, daai tipe mense wat sê "ek sal slaap as ek dood is"

En ek en my ma en my broer. Ons staan. Ons sal staan en wag om te stem. Want as jy nie stem nie, kan jy nie kla nie. En Suid Afrikaners hou tog so baie van kla. Dis 'n tradisie. Ek stem eintlik vir my reg om te kla. Die ironie.

En waarmee stap jy weg? 'n kol op jou duim wat lyk of jy hom gaan verloor aan frostbite en hoop in jou hart.

Wednesday, 20 July 2016

Wetters


Dis Julie, die jaar is al halfpad. Bly kalm, ons gaan oorleef. Ons doen nog elke keer, so herinner ek en my vriendin Natasha mekaar konstant. Die semester gee sy eerste tree soos 'n pienkvoet wat leer loop. In my geval tref ek dadelik 'n struikelblok in die vorm van 'n opsomming wat Sondag moes ingestuur word.

Ek was te opgewonde vir die vakansie, so om te kyk of ek werk het, was nie 'n prioriteit nie. Ons is natuurlik in die lesing ingelig dat dit nie weer moet gebeur nie en, en, en. Al die pad deur die lesing hou ek die tyd dop. Ek en Tayla gaan Wetters kyk by Krêkvars (nou ook bekend as Kopa- whatever) op kampus. Ek het tien minute om my innige Caster op te roep, (ek sou sê Oscar, maar hy hardloop op die stadium nêrens heen nie) en te hardloop Masker Teater toe.

Soos wat Murphy dit sal wil hê gaan die lesing oortyd, en ek het presies vier minute. Kyk fiksheid het nooit vir my gebeur nie, so vir my om te hardloop met my swak enkels, my jean wat afval(ek het vergeet om 'n belt te vat OK?) en my treurige fiksheidvlak, was 'n uitdaging om die minste te sê.

Daar aangekom sit 'n meisie en wag en die deure lyk redelik toe. As ek te laat is sak ek inmekaar. Hierdie lyfie beweeg nie so vinnig net om te hoor ek mag nie ingaan nie. Ek wikkel soos 'n pikkewyn weer my jean op terwyl ek vra "is ek te laat???"

Sy verduidelik aan my ek moet bo gaan sit, ek gee nie juis om waar ek sit nie, ek wil net Wetters kyk.  Die ander pop by die deur gee my kaartjie vir my en maak die hek oop om boontoe te gaan. Dis donker, eks vet, uitasem, my broek val af, my selfoon wil-wil val EN ek trip oor die laaste trap. Ek blameer die argitek vir die patetiese amper trappie waar ek my toon forseer het om te strek soos 'n gimnas voor die olimpiese spele. Dis so donker soos Eskom-seisoen en ek struikel-trippel-macarena na die bank toe langs die klankboks.

Ek val gelukkig op die bank neer en vra my lyf om verskoning vir die onnodige angs en spiergebruik wat sopas geskied het. Wetters begin.

Dis Waterkloof se toneel vir die jaar. As 'n oud-klofie en juffrou Rulene liefhebber, wil ek hulle ondersteun. Schalk Schoombie het die teks geskryf. Die man is ongelooflik talentvol op vlakke waaroor ek slegs kan droom. Hierdie jaar skryf hy oor padwoede op die N1. Juffrou Rulene is verantwoordelik vir die regie.

Die visies van die skrywer en die regisseur smelt saam en die eindproduk is puik. Die karakters gebruik kantoorstoele en rol oor die verhoog in hul motors, daar is lyne geplak om 'n pad of slefs snelweg te verteenwoordig. Soos die karakters van die een na die ander oorskakel kom dit oor as flitse uit verskillende dele van die pad. Die diverse karakters verteenwoordig 'n seleksie bestuurders wat 'n mens kan teëkom. Die emosies varieer van vrees na woede en die saga speel af tydens 'n algemene paniek oor 'n roadrager wat mense met 'n hokkiestok doodslaan.

Ten spyte van die erns van die idee, slaag Schoombie daarin om steeds die komedie te inkorporeer en selfs 'n smaak van romanse, al is dit nie moreel aanvaarbaar nie.

Ten spyte daarvan dat my lyf my môre gaan herinner hoekom ek nie draf nie, is ek bly ek het gedraf vir die Wetters.

Friday, 15 July 2016

'n Verjaarsdag, 'n pot sop en 'n aankondiging

79 is 'n groot nommer in terme van ouderdom. Hel, enigiets bo 70 is vir my groot. Ek kon myself nog nooit sien oud word nie. Ek weet nie of my huidige ouderdom bydra nie. Seker. My oupa het 79 geword en dit was omtrent 'n storie.

Jy moet weet dis 'n ernstige saak as jou ouma 'n week voor die geleentheid begin om vitamiene voor te stel dat ons "ons krag kan spaar". Ek was redelik angsbevange dat ek sommer 'n kuier kort knip die vorige aand, sodat ek vroeër kan slaap jy weet?

Vroegdag, daar het skaars 'n duif op 'n skoon kar gepoef en die huis is op. Die oupa is gebad en voor gesing, ons het nie getel nie. Hoe sê hulle? Time is of the essence..

Ek hoor 'n kar. Dis ouma. My broer en die worshond troepe beweeg in en sluit die hek oop. Ons staan op aandag onder die afdak en salueer kaptein kos in haar KA.

Van hier af beweeg alles baie vinnig. Coolbags word ingedraf, elkeen met 2 hande gedra soos wat versoek word. Dis net milo bolletjies, mini pizzas en koek waar jy kyk. My ma het natuurlik al die vorige aand die goeie china uitgepak.

My ouma voer gesprekke met my en die kos en haarself. Ek weet nie of ek moet kook, bak of praat nie... 3 op-en-wakker dames sit en klets om die tafel en drink 'n teetjie uit die duur china uit. My oupa se niggies. Hulle klets oor kinders en kleinkinders en almal wat dood is... 'n ironiese paradoks. Maar dis wat in hul lewens gebeur. My oupa sit doodstil met trane in sy oë en 'n glimlag wanneer hy nie besig is om te eet nie natuurlik.

Die eerste skof mense kom en gaan. Ons herlaai vir die tweede rondte. Intussen moet ek nog vir Durban pak, ek los my kêrel vir 'n oomblik alleen, en toe gebeur dit. 'n Helse slag in die gang wat klink soos 'n kat wat met 'n teflon pan stoei, terwyl 'n perd leer om the tango in die agtergrond.

Ek kyk huiwerig by die gang af, onseker oor dit wat ek gaan aanskou.. Ons maroon mat is nou groen en dit het 'n braakagtige vorm aangeneem. Verder sien ek 'n semi-groen kêrel met benoude bruin oë, die leë sop pot in sy hand.

Die ertjie sop het verloor in die stryd teen swaartekrag, die kêrel ook. My ma was gelukkig so dik van die lag saam met my ouma dat niemand geskree, of gehuil het nie.

As gevolg van die sop terugslag, roep ons die RSS hondetroepe in. Die werk word strategies verdeel. Rudy vreet die gang skoon, en Stephanie en Stoffel is op mat diens.

In die afspoel proses word Rudy vasgevang in die kruisgeveg tussen ertjies water en stukkies pork. So dit het my forseer om hom te bad. Kyk, 'n worshond haat 'n bad. Maar 5 uur in die middag in die middel van die winter... Kwaai worshond. Om sake te vererger het ek hom geblaas met die haardroër, en daarna is hy gebom met bexadust poeier.

So hy is ge-ertjie, gebad, geblaas en gebom.

Die familie daag kort daarna op en sop grappies word ontplooi. Die kêrel bloos of lag net skaam-skaam elke keer. Ons stel 'n heildronk in op die oupa van 79. Hy besluit om 'n aankondiging te maak wat ons almal redelik stil laat. Oupa en ouma gaan weer trou. My emosies het vinnig verby geflits. Verbaas verward verras en meestal net verbly.

Monday, 22 February 2016

My Language

The Afrikaans poem you can see here, is my first officially published piece of work. It's about my mother tongue, Afrikaans, that is being threatened by EFF members. I wrote it after I was caught in the crossfire between #Afrikaansmustfall and #afrikaanswillstay protesters. I was traumatised and angry because my educational opportunities are being threatened for no good reason.

Jy kan probeer om dit uit my nuusbriewe, vraestelle, handboeke en universiteit te haal, maar jy sal dit nie uit my uit kry nie.
My Taal.

Ek sal stil wees, maar ek sal nooit ophou praat nie.
Ek is 'n Afrikaan en ek sal nie jammer wees oor my velkleur of my voorvaders nie.

Baklei, sing, dans en verniel. Afrikaans word nie bang nie.
Brand my geboue af, My taal brand nie.
Beledig my, My taal gee nie om wat jy sê nie.
Kom met jou pangas en jou stokke, Afrikaans bloei nie.
Herinner my aan apartheid, ons weet. Afrikaans is NIE apartheid nie.

Afrikaans is braai, boerewors, koeksusters en Van-Der-Merwe-grappies.
Afrikaans is die gevoel wanneer 'n gedig vir jou hoendervel gee. Afrikaans is in my vreugde en my hartseer. Afrikaans is in ons. Ek sal nie lê nie. Ek sal staan vir Afrikaans.
Dit is wie ek is.
My Taal.
Botti

I have written an English interpretation of things as well.
My language is Afrikaans
Yet I choose to speak to you in English. English so that you cannot get lost in translation. English so that you will not strike against my words. English so that I can say I tried.

How dare you intimidate me on our campus, how dare you disrupt our classes, how dare you think that your demands and your requests are more important than that of the rest of us.

Tell me, does my language torture you? Does it throw bricks at you, hit you with sticks? Does the sound or thought of it, give you a fit?

Does it take away your rights? Does it attack you with fights? Is it my language? Or is it my race? Is it my words or is it my face? 11 official languages, yet you must attack mine, all developed through colonised times.

Do not dare blame me for my ancestors ways, I was not there, it was not my phase. Afrikaans will stay right in my heart, even if you hate it or me, we will ALWAYS take part.

Let's be honest comrade(am I allowed to say that?) or friend, your dispute with me, with us, will never truly end.
Botti

I would just like to add that I am in no way insinuating that all non-Afrikaans speaking people behave like this, this poem is directed at the individuals I am seeing in the videos, and photos disrupting academic activities. The individuals who are injuring innocent bystanders. I have no respect for you or your cause because you have no respect for mine.

If your mother tongue was under attack you would fight back too.




Thursday, 28 January 2016

A final year student... Me?


Since my campus has finally reopened after annoying destructive strikes, reality is finally slapping me in the face that I am a third year, a final year student. It definitely doesn't mean I am smart. But I am definitely on A path of wisdom. One can never be done with learning. There is always something new to learn around every corner.

A new problem has announced itself... What is next? 5 years of preschool, 7 years of middle school, 5 years of high school, 3 to 8 years of university, depending on whether you want your masters, honours or doctoral degree as well... When will it end?

When you want it to end of course, why do we study? To get a job, why do we need one? To pay bills, food and for some, schoolfees for your child that will grow up, and do all the same... Boring isn't it? It doesn't have to be.

Be brave and bold and for goodness sake, be happy. Don't study medicine if you want to be an artist, don't study law if you want to be a singer. Go into the world and be the hero in your story. Follow your dreams, not the money trail. Money cannot buy passion. It won't be easy, but it will be worth it.

As a member of the human race you will face judgement and hatered, your response is up to you. If you are willing to face it, you can fight it, if you can fight it, you can conquer it, if you can conquer it... Well darling, then you have made it.

Friday, 25 December 2015

Dankbaarheid

En nog 'n Kersfees se son sak. Jong kinders pronk met hulle nuwe speelgoed, tieners pronk met nog tegnologie wat hulle nie nodig het nie. Jong mense instagram fotos van hulle nuwe geskenke, of dit nou juwele, 'n polaroid en skoene is, en of dit 'n mes, 'n bottel whiskey en nuwe oorfone is.

Die ouer dames ruik aan hul nuwe sepies en dink aan hoe lekker hulle vanaand gaan bad. Ouer manne se arms blink dalk met 'n nuwe horlosie, of braai lekkerder met hulle nuwe braai stel.

En almal is dik gevreet aan stysels, slaai, elke vleis ding wat hardloop en vlieg, en natuurlik die nagereg waarvoor jy eintlik te vol is maar jy is bang jy mis uit. By my ouma MAAK jy plek. Pavlova, room en aarbei of grindadella sous, en 'n sjokolade bom koek wat so dodelik is soos dit klink.

Maar dit gaan vir party mense lank al nie meer oor die boodskap en sentiment van kersfees nie. Dis net geskenke, grotes.. Wat baie geld kos.

Ek hoop tog daar is mense wat die tyd saam met hul gesinne waardeer. Die lewe is te kort om opgewonde te raak oor materialistiese dinge. 'n Geskenk wat ons almal vir onsself kan gee is om 'n oomblik te vat en te dink. Dink oor jou familie, dink oor die mense vir wie jy lief is en maak vir jou 'n "playlist" van dankbaarheid. Dit, is die regte geskenk, wat jou jaar na jaar beslis sal verras.

Wednesday, 28 October 2015

Halloween

'n Oorweldigende angstigheid druk asem vas in longe wat wil swel, en mens wonder of jy dit gaan maak. Die 10 000 dinge wat nog moet gebeur voor jy aan die ander kant uitkom. Gaan jy dit maak? Gaan die laat aande, vroeë oggende, kussing trane en krakerige rooi oë goed genoeg wees.

Gaan ek kans kry om my pen in die papier te sit, en mense 'n sitplek te kan gee in my kop? Gaan ek die rooi pen kan wys my kreatiwiteit is die moeite werd? Die rooi pen wat my soms oorweldig, wond, omhels en gelukwens. Die rooi pen wat ek nie kan verstaan nie. Die rooi pen wat my nie altyd wil verstaan nie. Hulle skryf meeste van die tyd groot lelike dokters handskrif briewe wat my nou nie juis motiveer nie.

Studente moet die rooi pen beïndruk vir 'n punt wat nie gaan saak maak by 'n kantoor met vetgedrukte letters wat jou toekoms kan bepaal nie. Die kantoor wil net "SLAAG" sien. Mens sukkel partykeer om gemotiveerd te bly om die rooi pen gelukkig te hou, maar die vang plek bly dat die rooi pen nou die alpha is. Die ink gaan een of ander tyd MÒET opraak.

Ek is 'n slagoffer van 'n chroniese siekte...
"Octoberitice" noem tannie Fia dit. Silly season is ook aanvaarbaar, of vir die wat minder oorspronklik is, die-jaar-is-nou-te-effing-lank virus. As ek slim genoeg was het ek Octoberitice beskou as 'n geldige verskoning om vreemd te wees. Almal ken dit.  Jy voel desperaat vir onwettige middels, of jy is net lus vir baie drank en slaap vir dae. Maar jy kan nie, want oktober is die moeilikste maand. Vir 'n student. Ek moet nog self die lewe na universiteit ervaar. Maar ons studente stres oor eksamens, die konstante kwessie van "gaan ek 'n werk kry?", en op hede, wat om te dra vir halloween. Halloween is eintlik baie toepaslik op octoberitice. Dis vreesaanjaend en vreemd en elke nou en dan sal dit lekker wees as jou stres net soos 'n riller-fliek afgesit kan word. Of oorgesit kan word na cartoons toe.

Maar, daar is tog 'n lig aan die einde van die oktonnel (oktober+tonnel) Oktober is slegs een maand uit twaalf. 'n Maand wat so vinnig verby gaan soos hy begin het. Hou kop en hou moed en hou net jou verbeelding bymekaar vir halloween. Daar gaan sletterige.. alles wees, scary narre, ironiese couples uitrustings en mense wat lyk of hulle in costume castle bly saam met grimeerkunstenaars.

Persoonlik glo ek halloween is die perfekte medisyne vir Octoberitice. So, as jy halloween geniet en nie glo dis lucifer se verjaarsdag of iets nie, gaan groot, trek mooi aan, en wees vir eens iets anders. Dis een aand. X