My slice of life

My slice of life
Opinionated since 1995

Sunday, 29 March 2020

Huiskluis Dag 3

Een van die eerste lesse wat ek geleer het as 'n "grootmens" is dat die nie meer gaan oor wat jy wil doen nie, maar wat jy moet doen.

My ma het my vriendelik forseer om elke aand 7u Last Post te speel. Iemand het op Facebook geskryf dat mens elke aand 7u musiek moet speel of geraas maak om dankie te sê vir die mense wat in hierdie tyd werk.

Ek kan nog speel. Hier en daar klink my note so onstabiel soos die geldeenheid, maar ek kry dit gespeel. My lippe is natuurlik seer en as ek dink aan my orkesdae is dit sommer vernederend. Ek kon daai dae vir ure en ure speel en nou sukkel ek na 2 minute... Dit is seker nou die perfekte tyd om weer trompet te oefen. Ek is net jammer vir die mense om my. Want hulle is definetief ten alle tye by die huis om my geraas te hoor.

My ma wil graag hê ek moet dit doen, so ek sal. 'n Klein deel van my is bang dat 'n buurman moeg raak daarvoor en my met klippe begin gooi. So ek staan net buite die voordeur, vir veiligheid en volume.

Die sosiale media platforms is oortrek met videos van weermaglede wat mense oor die vingers tik en huistoe jaag. Een van my gunstelinge, wys hoe mense huistoe rol begelei deur 'n weermaglid. Hulle raak ook seker verveeld? Nog ene wys hoe drankbottels op straat uitgegooi word terwyl die oortreders leepoog kyk hoe word hulle dop vinnig op.

Ek ondersteun nie drank mors nie, maar wat kan hulle doen? Die president het aangekondig dat ons 21 dae by die huis moet bly, net 3 weke. Is dit rerig te moeilik? En hy het dit nie gedoen om ons te irriteer of te ontstel nie. Sy intensie is om die verspreiding te voorkom. Dit is mense se reaksies wat die probleem skep.

Niemand van ons wil 21 dae tuis bly nie. Ok, ek wil, want mense. Dis steeds nie lekker om te weet dat ek nie net kan ry as ek wil nie. Tog gehoorsaam ek en my gesin dit terwyl ander mense vra of hulle met hulle honde mag gaan stap. Het hulle dan 'n ander aankondiging gekyk? Op 'n ander SABC? Het die gebaretaal tolk iewers 'n fout gemaak wat julle koppies deurmekaar gemaak het? Julle is seker die tipe mense wat in 'n besige parkeerarea daarop aandring om by 'n plek in te reverse..

Ons doen wat ons moet doen om te verseker dat die lockdown nie meer as 3 weke gaan vat nie. Want die lewe moet aangaan soos wat debietorders maandeliks sonder twyfel afgaan.

So haal asem, hardloop sirkels in jou tuin as jy moet. Maar asseblief mense. Bly net by die huis. Ek trou in Mei so as ons hierdie proses kan aanhelp sal ek bly wees. 

Saturday, 28 March 2020

Huiskluis Dag 2


60 jaar gelede het Marianette Pretorius die wêreld ingekom. Gelukkige mense ken haar en geseënde mense noem haar familie. Ten spyte van die huiskluis situasie wou ek seker maak sy weet hoe spesiaal sy is.

Sy het tee in die bed ontvang. 'n Nuwe pienk een met die woorde 'HOME SWEET HOME' op. Dit het gepas gevoel want dis naweek, dis lockdown EN sy het afgetree. Sommer alles gelyk.

Almal was so besig om toiletpapier en seep te koop dat ek in vrede kon soek vir oulike versierings. Ek het gemik vir pienk, blink en blomme. Dit was nie eintlik nodig om veel te koop nie. Nana het baie pienk en blink.


Die eetkamer was vol linte, kristalletjies, blomme, sambreeltjies en daai walglike vislyn goed. Haar reaksie was die moeite en vloeksels werd. Sy het die trappe afgekom, uitgetooi in 'n kroon en 'n birthday-sash.



Al wat sy kon uitkry is "wooooooooow" terwyl sy heen een weer al die pienk, blink en blomgoed inneem. Die perskonferensie het goed gegaan op Facebook. Sy het die massas aangespreek met 'n glasie Franse sjampagne en 'n heildronk van formaat.


Na 'n smaaklike ontbyt braai het ons gesit om geskenke oop te maak. Met 'n massiewe glimlag was dit tyd om te rus. Ons het moontlik te veel geëet...


My ouma het natuurlik 'n verjaarsdagkoek gebak wat my ma altyd sal onthou; 'n pienk olifant met 'n 6 en 'n 0 in sy oortjies. Sy het so 'n gilletjie laat ontsnap voor die volgende oproep deurgekom het. Dit lyk my mense is lief vir haar, slim mense!



Ons aand het begin met 'n Charl du Plessis huiskonsert soos wat ons van koek en tee oorgeslaan het na Gin and T cause she's 60.

Geen aantal versierings of geskenke sal ooit kan genoeg wees om te wys hoe belangrik sy vir ons is nie.

Al my liefde


Friday, 27 March 2020

Huiskluis: Dag 1

Dis 'n eienaardige gevoel om te weet ek gee les en ek sit nog in my pajamabroek. Maar my kinders het hulle lesse nodig (eintlik almal ongelooflik slim).
So ek slaan die laptop oop en wag vir die internet om saam te speel. Eindelik video-call ek my jongste. Toe ek myself op die skerm sien moes ek gou my hare oortuig om te lyk of ek nie nou net wakker geword het nie.
Hy antwoord en ek sien net sy ogies en sy voorkop uitsteek. Dit laat my dink aan 'n kleintjie wat op sy tone oor 'n toonbank loer. Ons begin en dit gaan goed. Ek het selfs 'n A4 skryfbord aan die gang. Want om vir 'n derde taal spreker Afrikaans woorde te spel in Engels is onnodige frustrasie.
Tyd vir my volgende student. Ons gesels nog so en die Wi-Fi "drop" en daar vries ek😁 die skerm wys hoe ek in die middel van 'n hap beskuit is. Boonop dit lyk my oë of hulle gekalibreer moet word.
Die vries-episode is verby en nou is ons uit sync uit en ek praat en sy praat en ons sê gelyk die ander een moet praat en so gaan die ongemaklikheid voort. Selfs in isolasie werk ek my sosiale onbevoegdheid in.
Met al my kids kom ek agter dat hulle nie heeltemaal gewoont is aan die videocall situasie nie. Elke nou en dan sien ek hoe hulle tong uitsteek of snaakse gesiggies trek tot hulle die vraagteken op my gesig sien en 'n benoude giggel gee en weer konsentreer.
Ek weet ons sit in 'n uitdagende situasie maar ek kan nie kla nie. My studente doen hulle huiswerk en nog meer, hulle ouers is ondersteunend en ten spyte van alles probeer hulle 'n gemaklike routine onderhou wat vir die kids genoeg tyd vir ontspan en werk gee.
Ek hoop net die ander ouers sal ook probeer om hulle kinders te herinner dat daar 'n lewe na lockdown is en dat die skole een of ander tyd weer sal open en dat lees en skryf steeds 'n vereiste is. 

Saturday, 4 November 2017

November

Beplanning was nog nooit my sterkste eienskap nie.

Honneurs impliseer dat jy nie eers tyd het om te beplan nie. Jy moet net skryf, ingee, aanbied, huil (nie te lank nie), sosiaal verkeer met 'n vertrek vol mense wat almal slimmer is as jy en oor die algemeen maak of alles ok is.

Nog 'n taak wat ek aangepak het is om gewig te verloor en gesonder te lewe. Soos ek gesê het, my timing? Impeccable.


Aan die begin was ek suksesvol in my poging. Ek het my kos geweeg, my kalorieë getel, my steps ingekry EN geskryf oor die hele ding...

Intussen was daar 'n aanbieding oor my navorsing - my keel is sommer van voor af droog soos nataniël se grappies. Ek het 400 opdragte gehad wat toevalling almal gelyk ingehandig moes word (sommiges bietjie laat, ander net gewone laat en 2 BAIE laat)

In my huis maak ek die kos. Party beskou dit as 'n straf maar ek geniet dit. Dis my manier om die dag te verwerk en myself geestelik voor te berei om weer te werk. Ek skakel die radio aan en ek sing.. Nee, ek perform vir die kombuis. 

Die kastrolle klap hande, die vurke fluit en die stoof gee sommer 'n standing ovation (hoewel hy soms warm onder die kraag word)

In hierdie vreesaanjaende tydperk van take en ineenstortings het ek my kosmaak roetine gestaak vir 'n wyle. Daarmee saam het ek onbeskryflik min omgegee oor my eetgewoontes en my oefensessies.

Ek kon aan my lyf voel dat ek weer so moeg word en oor die algemeen met 'n ou heliumballon vergelyk kan word (pap en useless). Ek het verkeerd geëet, ja. Wat dit anders maak as al my vorige mislukte pogings, is dat ek ten minste gestop het en weer my eetplan begin volg het.

Vir my is dit 'n oorwinning op sy eie. Gewoonlik sou ek die leë redinasie volg dat ek reeds verkeerd eet, so ek kan maar net aanhou. Dis die grootste fout wat ek kon begaan. Deur 2 of 3 keer verkeerd te eet sal al jou vordering nie verlore gaan nie.

Wanneer jy van die spoor aftuimel en jou val word gebreek deur 'n Tinkie of 'n pakkie chips, dis ok. Die belangrikste is dat jy moet opstaan met die hulp van jou low cal kierie (ek weet nie, ek wou die kos metafoor aan die gang hou) en aanbeweeg.

Jou houding bepaal jou vordering. Ek dink jy kan dit seker toepas op meeste dinge wat jy wil aanpak of voltooi. My motto vir die jaar is meestal "ek moet ok wees, ek het nie 'n keuse nie" dit klink dalk negatief maar dit motiveer my genoeg om nie paniekerig te raak nie. (Ek lieg, ek drink pink pilletjies wat my kalmeer en ek maak almal om my mal met my buie wat soos die geldeenhede rondrits, ek sou sê dit gaan verander maar ek moenie op skrif lieg nie) plus, studies is duur en ek is nie bereid om aan enigiemand te verduidelik dat ek opgegee het nie. 

Dis November, die einde is in sig
Ek sal die jaar oorleef en 2018 instap met 'n bietjie minder ekstra gewig

Saturday, 29 October 2016

Halloween

Halloween is the only chance to let monsters out and ask them to dance.
With store bought outfits And makeup set.
Ready for a night full of fright and regret.
Why so excited to dress up and scare?
To soothe inner demons, from the mirror they stare.

I think I have had an epiphany regarding Halloween.
It's not about dressing up like a fictional character to scare or trick people anymore.

Different people's reasons may vary...

1. Some will spend many hours or a lot of money on the perfect costume as they are Rage-goers or cosplay-enthusiasts, which is fine. You impress me and depress me.. I do not even have dedication when I dress myself in the morning. #lazygirlproblems

2Some will be punny.. Like a couple going as bacon and eggs... Or a candy and a rapper -candy wrapper (ba-dum-tsss) Or a cat and a woman. - catwoman. The list goes on. The puns vary in punniness. When you get to the ceiling fan idea - someone carrying a banner or flag that literally just says "go ceiling"  - feel free to insert face palm here.. But we need you punny ones...

3. Some will literally be any normal thing and wear the minimum. Because, every ho needs a home? For instance, a red cross on the hat. White croptop and a mini, boom you're a nurse. Or, little black dress with a crucifix, nun.. Most animal outfits go in that direction too. There are however some people who just decide to BECOME the animal. Buy a panda onesie, eat bamboo, follow pandas around to learn their mannerisms.. Or pandarisms.. And party as a panda. I have unfortunately not experienced a panda party myself, but I imagine it would be amazing.

4. Some will just go to drink, because screw dressing up I guess. They would be the awkward ones looking around for other awkward hallowont's, occasionally raising their eyebrows at the number 1s for taking things too far. For example a couple dressed up in leather as a dominatrix and her submissive. On a leash, with a muzzle, forced to beg for alcohol... I am convinced the man was possibly in a hostage situation... To each his own I guess.

When you think about it. We present the world with many faces each day... Halloween just gives an official name to the occasion where people can go all out.

Monsters cannot hide their intentions. Their being basically says "I am going to chase you and kill you mkay but run so we can make this movie". That makes them less scary because at least we know what's up. But people? They are a different story.

People have the ability to morph into the version they want the world to see.
It's like hell has a waiting list and heaven is empty.
Those nurses at the old age home smiling at their patients? They kill them for fun.
That man who used to drive the kids in his street around? He's a registered sex offender.
That grieving widow? She just poisoned her third husband.
The quiet kid who got straight A's? He hung himself in his garage.
The bully you remember from school? His stepfather molested him and his mother didn't believe him.
That Paralympic athlete who seemed to have his life together? He shot his girlfriend.

Putting up a front is fine, but people seem to forget the makeup fades. Eventually people will see the truth. Somehow I think being real would just be easier.

Less friends? Definitely
Less drama? Obviously

When you feel something about someone. Get it out there by saying it to that person first. Don't wait for the grapevine to screw you over. Bite the bullet and be the bitch. I am going to attempt to practise what I preach... Although avoiding it would be much easier.

There are monsters scarier than anything from a movie scene.
They're right next to you, behind you,
They're you and me.

Wednesday, 12 October 2016

Shogun, strawberries en studente

Dis 'n warm dag in Pretoria. Die rand het geval soos die studente wil hê fooie moet. Meeste kampusse is toe as gevolg van betogende studente wat 'n alomteenwoordige vloermoer gooi regoor die land. Asblikke word wapens, strykplanke word roit-gear en die res van ons wat te bang is om te staak of nie wil staak nie?

Ons sit soos huisvrouens en refresh twitter, kyk e-news en piep mekaar op via whatsapp deur artikels, fotos en videos oor die stakery aan te stuur. Die tekort aan klas maak my eintlik so angstig dat ek wil drink soos 'n geskeide oom in 'n verdagte bar. Na ons daaglikse TV tradisie van die nuus en ons sinnelose soapies kyk, besluit ek dis tyd vir aarbei melkskommels.

Die aarbeie is gevries want ons het hulle al meer as 'n maand.. Ek sny die stingeltjies af terwyl ek saam met die radio sing. Vir een of ander rede wil ek 'n aarbei middeldeur sny want dit maak vir my meer sin aangesien dit makliker sal meng.

Normale slim mense sal seker die aarbei op die snybord sit. Nie Annette nie. Ek wil hom sommer in my hand fillet! Dis 'n Shogun mes, so as hy eers sny dan moet mens oplet waar jou vingers is. Die ding gly en ek steek die mes nie een keer nie, maar drie keer in my hand in.

My knieë knak en ek voel of ek slaap. Ek grip my hand soos Rose Jack vasgehou het aan die einde van Titanic en van daar af sukkel ek badkamer toe. Die bloed loop en ek weet nie eintlik wat ek wil doen nie. Ek spoel die storie af en roep vir pleisters. My sielsmens kom tot my redding en plak die bloeiende gemors toe.

Sy kyk my so en ek sien in haar oë ek lyk so bleek soos ek voel. Daar opgestaan uit die handslagting, drink ek bietjie koeldrank om my siel om te koop sodat hy terug in my lyf in gaan. Chante gaan aan met die melkskommels en ek gaan lê en bejammer myself.

Toe ek sterker voel, toe maak ek die pleister oop sodat ek die besigheid kon skoonmaak en 'n roompie smeer. Dit was semi afgryslik. Ek het nie besef die sny was dieper as 'n tiener se gedagtes nie. Die vetlagie om my middelvinger het uit die sny uit gesquish soos betogende studente wat 'n lesing wil onderbreek.

Wat het ek geleer? Die snybord is daar vir 'n rede... En Shogun se messe is puik.

Saturday, 24 September 2016

Staak Seisoen

Soos julle weet is dit staak seisoen. En indien jy nie weet nie.... Lees 'n koerant of 'n internet artikel? Eerlikwaar...

Staak seisoen het 'n nuwe reeks bekend gestel. FMF of Fees must fall. O die ironie as dit herfs was. Fall in fall. Anyways. Studente staak landwyd oor studiefooie wat moontlik tot 8% kan styg vir 2017. Korreksie. Van die studente staak daaroor. Ander wil gratis-onderig hê.. Ek voel hulle kort 'n ander naam.. Free my fees? Die Afrikaans daarvoor klink soos 'n advertensie op KykNet Bevry my van my fooie.

Klasse is gekanselleer op meeste kampusse om die veiligheid van studente te verseker. Die studente wat nie betoog nie... So ons het by Tuks die week af gekry.. Ek het geleer vir 'n toets wat ek nie geskryf het nie. Ek het ook petrol uitgery vir 'n klas wat nie plaasgevind het nie..

Ek is in 'n manier bly die toets is gekanselleer. Ek sou nie verantwoordelikheid vat vir my dade as ek moes toekyk hoe iemand my toets voor my opskeur nie. My ma en my kêrel was albei reg om selfs saam met my toets te skryf!

Natuurlik is daar implikasies vir die studente wat klas en toetse gemis het... Die Oktober-reses is gegee as die alternatiewe datum om op te vang. Niemand is gelukkig hieroor nie... Ek verstaan nie juis hoe mense verbaas is nie. Die Universiteit het nie veel van 'n keuse gehad nie.


Ek voel Tuks is op 'n beter plek as meeste universiteite.. By Wits gooi die studente sekuriteit met stukke asblik wat hulle afgebreek het... En erger, die sekuriteit gooi dit terug! In Natal word bystanders getref met rubber bullets. En die ergste aspek.... Hier is mense wat baklei oor wie die stakings begin het. Asof dit saak maak?

En die politiek... Brand opposisie se regalia, probeer die SRC verkiesing onderbreek... Videos sirkuleer van Afriforum en studente wat mekaar wil gryp soos pitbulls. Die hele boodskap raak weg agter ras en plasings op sosiale media wat aangaan oor hoe net een groep benadeel word. Sê 'n mens iets, merk hulle jou as 'n AWB ondersteuner... Sê mens niks, word jy gemerk as 'n push-over.

Ons wil ook nie meer betaal vir studies nie, maar ons gaan nou nie 'n gebou afbrand of gooi met klippe nie. Tel dit vir ons of teen ons? Wie maak 'n verskil tussen die stilles en die stakers...?

Ons het 7 sms'e gekry van die universiteit af oor die "situasie" op kampus. So 'n paar ure te laat want my "onder beheer" en hulle s'n is nie dieselfde nie... Blykbaar hervat aktiwiteite op kampus Maandag... Maar ek voel die kampus is semi-onseker hieroor.

Ons het 'n paar reëlings gekry om in gedagte te hou Maandag: Daar gaan nie betogers wees nie... Maar AS daar is, volg dié instruksies;
Indien betogers by die lesingsaal inkom, of reeds binne die lokaal is:
- Gil en spring! Jokes. Sit en bly kalm
- Moenie met iemand probeer redineer nie. Dit is puntloos en jy sal jouself slegs frustreer.
- Hou jou besittings bymekaar en veilig.
- Moenie intree in die situasie nie. Jou lektore gaan blykbaar die situasie onder beheer hê (That's nice dear)
- Indien jy 'n bedankingsbrief van Prof. De La Rey ontvang, neem kennis dat dit vervals is.

Ek hoop die situasie op kampus is kalm en dié maatreëls is onnodig. Die paniekerige mens in my sal slegs Gil en spring en opeindig om IEMAND te affronteer..