So 35 dae later. Wat het ek geleer?
1. Ek kan klas gee in my pajamas.
2. My ma is die enigste mens waarvoor ek versierings sal maak wat met vislyn gehang moet word.
3. Ek het op Dag 3 nog gedink ek trou in Meiđ
4. Ek het sommer vinnig besef dat uiteet nie die sondebok is nie. Die toeganklikheid van my kombuis is.
5. My ma het 'n slag lasagne gemaak. My broer het weekliks gebraai en selfs potjiekos gemaak. So hierdie les is belangrik... hulle KAN kosmaak. Duly noted.
6. Ek het gedink die excessive sanitizer by Spar is erg. Min het ek geweet dat die werknemers storm trooper gear gaan dra met maskers en handskoene. Mens besef nie hoe baie jy op lippe lees staatmaak tot jy 3 keer na mekaar nie hoor wat sy sĂȘ nie en ja antwoord en hoop sy vra maar net of jy sakkies wil hĂȘ. Ek is steeds onseker oor die hangende perspex bo die til... Wie praat in daai rigting? As ek teen die bordjie moes praat sou ek my kop agteroor moes gooi soos 'n Hadeda.
7. Al was ons almal stuck in die huis, het elkeen sy eie ding gedoen sonder om mekaar te irriteer en sonder om moord te pleeg met die mes wat Wernu geslyp het.
8. Ek het die datum, dag en tyd baie vinnig weer gevind toe ek weer moes juffrou
9. Moenie jou foon antwoord as jy winkel toe gaan of op pad huistoe is nie. Dis 'n lokval!
10. 'n Bonus van lockdown en die delivery only reël wat van mÎre af geld, is dat jy nie hoef te worry as jy bietjie wild eet aan hoender en ribbetjies nie. Emsie Schoeman sou minder beïndruk wees.
11. Dit lyk of ons gesin al lankal begin het om drank op te gaar vir lockdown.
12. Die dreigement het gewerk. Die kas is nog netjies.
13. Ek is so bly ek het my voorskrif gaan haal. O, en julle mense wat so begin bak het, is dit nog lekker?
14. Ek was daai dag onseker oor of ek nog skryfmateriaal sou hĂȘ
15. Ek het die walglikste nagmerrie gehad. O, en geel is definetief nie my kleur nie. Hierdie was waarskynlik die eerste teken dat die troue gaan skuif.
16. Ek is beslis nie 'n konvensionele onderwyser nie.
17. Ek weet waar die kazoo en die Chinese gong geraas vandaan kom. Dis die mense skuins agter ons wat elke aand klink of hulle lekker partytjie hou. Ek vertrou hulle nie. Wie is elke dag so vrolik??? En wat raas so? Is dit 'n kind se videogame? Ek is bereid om die game by hulle te koop dat ek hom kan brand.
18. Die eierdrinkery videos het my geleer dat Suid-Afrikaners enigiets sal doen. Begin net jou sin met "ek challenge jou..."
Fluit, fluit die res van my lesse kom mĂŽre uit.