Ek is nou besig met 'n TEFL kursus sodat ek aanlyn kan Engels gee vir 'n ekstra inkomste. Daar is vyf modules en onmenslik baie hoofstukke maar dit is gelukkig eenvoudige teorie waarmee ek al gemaklik is.
Dalk te gemaklik. Jy weet as jy iets al so baie gedoen het dat jy nie meer daaraan dink nie? Ek voel soms so oor bestuur. Toe ek destyds vir my leerlinglisensie moes leer was dit asof ek nog nooit in 'n kar was nie. Ek het geswot soos 'n flippen boekwurm!
Dit voel nou weer so. Ek het darem al 'n paar dinge geleer en 'n paar ander besef. Ek het geleer dat die onderwerpe waaroor ek en my studente soms praat beskou word as waaghalsig en, soos die kursus nota sĂȘ "... should rather be avoided." Dis nou bietjie laat. Gelukkig het ek nooit voorgegee dat ek presies in die lyne sal- of nie sal trap nie. Dit hou dinge interessant. Tot jy 'n ouer in die gesig vat. Dan sit jy maar jou foon op silent en hoop hulle weet nie waar jy bly nie.
Ek het besef dat ek baie van die onderrig tegnieke al lankal toepas. Daarop is ek nogal trots. Ek dink tog van my metodes werk vir van my studente. Dit bly die beste gevoel om te sien hoe 'n kind presies begryp wat jy verduidelik. As ek wiskunde moes gee het ek waarskynlik nooit daai gevoel ervaar nie.
Dit was nou definetief nie die interessantste dag van my lockdown nie...
Ek wens eintlik dat ek nog in die paashaas geglo het. Kan julle net dink hoe prettig dit sou wees as grootmense net die plot verloor en kinders wakker raas soos wat hulle in hulle pajamas na sjokolade in die tuin soek? Dit sou nou 'n lekker stukkie gewees het om te skryf. "Pa's hase" "Ma hop met haar curler kop" "Ouma konyn steel die paaseiers na 'n bottel soetwyn"
No comments:
Post a Comment