Ek het gedink ek sou vandag 'n post skryf oor hoe trots ek op ons is dat ons lockdown oorleef het. Ek sou dalk praat oor wat ek môre sou doen. Waarskynlik tot by die Plantland op Lynnwood road ry, vir niks anders as die blote feit dat ek kan nie.
Almal van ons was geestelik reg vir 16 April om die laaste dag te wees. Ek weet dit is beter so vir die land en ek verstaan hoekom President Rhamaposa die aankondiging moes maak. Dit verander nie die feit dat almal gestres is nie.
Kan julle dink hoe voel die President? Watse guts moes dit nie van die man vat om vir 57,78 miljoen mense te sê "Dis mooi dat julle meestal saamwerk, maar wag net nog 'n bietjie". Nie net mense nie, flippen Suid-Afrikaners. Ons mense drink al rou eier. Wat gaan hulle drink teen dag 40? Waarskynlik nie alkohol nie. Spirits deur 'n broodrolletjie dalk?
Teen daai tyd sal ouers hulle kinders in die hondehokke los. Mans is eweskielik baie besorg wees oor die klomp goedjies wat hulle al jare lank dreig om te doen. Daar gaan ma's wees wat hulle kaste al 4 verskillende maniere reggepak het. Ander sal hulle families al stadig begin vergiftig met eienaardige resepte. My ma het vir my 'n video gewys van hoe mens rou eier in 'n pak Lays ingooi en die storie in 'n pot gaarmaak... Mense is nie ok nie.
Dit is nou die situasie en ons is nou halfpad. May the odds be ever in your favour. Ons sien mekaar na lockdown. As ek jou sien en nie groet nie, moenie in die gesig gevat voel nie. Stel jouself net weer voor.
No comments:
Post a Comment