My slice of life

My slice of life
Opinionated since 1995

Sunday, 19 April 2020

Huiskluis Dag 24

Noem my 'n kleuter, maar ek het weer die absolute genot van inkleur herontdek. Nie net inkleur nie, maar my tragiese poging tot letterkuns, kalligrafie as jy nou fancy wil klink.

Ek wil so graag met selfvertroue daai sierskrif aanhalings skryf wat jy op Pintrest sien. Ek vermoed dat die mense wat kastige tutorials oplaai 'n paar stappe uitlaat.

Ek sal nog besig wees met die eerste "R" se krulletjie en as ek weer kyk is hulle kastig klaar met 'n flippen paragraaf. Om sake te vererger sĂȘ die titels altyd quick and easy. Julle lieg mos nou man!

Dit herinner my net dat die Pintrest lewe en die regte lewe beslis van mekaar verskil! My Pintrest troue en my regte troue het een prominente verskil. Die een het actually 'n begroting.

Die Pintrest mense wat so bak en kook met quirky agtergrondmusiek om die kyker nou te laat dink dis lekker easy going disse, het julle geen skaamte nie? Dit is die lekker ding van 'n resepteboek. Daar is nie prentjies by al die resepte nie. Hierdie gee vir jou die geleentheid om te dink jy doen dit reg.

Ek wil so graag mooi kan skryf en alles, maar hier waar ek sit is ek nie eers seker wat ek met die mooi geskryf sal doen nie. Soos my inkleurwerk, sal ek seker die enigste een wees wat daarna kyk. Projekteer ek dalk so 'n bietjie misguided anger teenoor Pintrest? Dalk.

No comments:

Post a Comment