Na 'n hele dag van klasgee en toesprake skryf was ek nie seker of ek nog iets gehad het om te sê nie. Gelukkig het ek myself verras. Ek en my ma het op die Hadedas geskree vandag. Is dit omdat hulle vry is? Is dit omdat hulle poef die verf sal laat afskilfer? Nee, dis net omdat hulle Hadedas is
Jy weet as jy iets ruik en jy het 'n min of meer idee van hoe dit gaan proe? Een van ons drank bottels in die kas het my vandag geflous. Qualito is die handelsmerk en daar staan onderaan Watermelon Fusion.
"Near the foot of the Klein Drakensberg in the Limpopo Province, on a fruit farm just outside Hoedspruit, watermelons are passionately planted and cared for until sweet, tasty for summertime fun. These passionate farmers invite you to enjoy this drink slowly while the sun sets over these African farmlands. Spirit Cooler
14% Alc/Vol."
Nêrens op die bottel sê dit jy moet hierdie stroopagtige goed verdun nie. Nêrens op die bottel sê dit jou keel gaan brand van die soet nie. Ewe braaf, moeg en dors vat ek 'n groot sluk van die mooi pink drankie. My keel brand van die soet en die warm en as ek dit met iets moet vergelyk sou ek sê suurswieties en louwarm hoesmedisyne.
So, Qualito. Wie ookal julle etikette ontwerp kort 'n snotklap. Ek weet nie of julle wou ink spaar of dit 'n verrassing hou nie, maar ek dink die woord Vodka sou beskou word as belangrike inligting. Julle het daai stukkie inligting vir die webblad gehou. NOT COOL
Aan die plus kant; My ma het my verras met aandete en sy het die kombuis klaar skoongemaak voor ons begin geëet het. Die wasbak is leeg... Ek is steeds emosioneel.
No comments:
Post a Comment