In my huis is daar 'n kombuis. In my kombuis is daar 'n wasbak. In my wasbak is daar 'n pot. Hierdie pot beset al 'n paar dae die wasbak. Nie omdat ons lui is nie. Die pot het bietjie, seergekry sal ek sĂȘ. Die omstandighede rondom die brandwonde is irrelevant.
Ek het gedink as die pot 'n dag lank soak in asyn, JIK, growwe sout en seep dat dit sal regkom. Dit het nie. Ek het kookwater ingegooi, geskrop, geskuur, geskel en bietjie gehuil, NIKS. Ons staan by Dag 5 met die pot.
Ek het nou al elke dag soos 'n opgewonde kindjie die deksel opgepluk om te kyk of daar al vordering is. Bietjies-bietjies ja... My ongeduld was nie tevrede nie.
'n Deel van my het geredeneer dat dit net makliker gaan wees om 'n nuwe pot te koop, maar dan moet ek 'n nuwe stel koop. My ma se huis werk in stelle, so as ek nou musical pots speel met een van haar AMC potte gaan ek sleg tweede kom.
So vanaand het ek soos 'n classy sangoma weer 'n mengsel aanmekaar geklap en soos wat ek tik hoop ek dit werk. Hierdie pot moet uit die wasbak uit kom. Die ander goed ook, maar meestal die flippen pot. Send help.
No comments:
Post a Comment